2025 Paasnaweek Renoster Boma Tent Naweek
4 dae, 3 nagte of ń dagbesoek opsie.
Vervoer, verblyf, etes, renosters en boma bou ingesluit
Nog nie planne vir Paasnaweek? Kom sit jou voete in die veld en help ons om nuwe renoster bomas op die opvoedkundige Toerbroers Renoster Kampus te bou! En glo ons dis ń naweek avontuur vir die hele gesin.
Deposito van R550 per persoon betaalbaar, die res 4 weke voor vetrek, agv aankoop van materiaal is deposito nie terug betaalbaar op kanselasie nie.
Datum:
17-20 April 2025
Tentopsie – R2650 per persoon
- 4 dae, 3 nagte (bring eie tent en slaapgoed)
- Vervoer vanaf Toerbroers Toerisme Kampus
- 3 x ontbyt, 2 x aandete en 1 x aand bykosse vir eerste aand se bring en braai
- Bou ‘n boma
- Renosterkalwe voer
- Volwasse renosters voer
- K-9 eenheid interaksie
- Plaasdam swem en kleilat speel!
- vuur-boma kuiers onder die oop sterre
- paaseiers soek
Dagbesoek – R950 per persoon (net op 18, 19, 20 April)
- Vervoer vanaf Toerbroers Toerisme Kampus
- Bou ‘n boma
- Renosterkalwe voer
- Volwasse renosters voer
- K-9 eenheid interaksie
- Plaasdam swem en kleilat speel!
- vinnige eet opsies, drankies by Kampus te koop aangebied vir piekniek opsies
Uitgesluit:
Drankies (ons verkoop)
Peuselhappies (ons verkoop)
Kontak sya@toerbroers.co.za vir meer inligting
Kontak Ons
Kontak ons gerus vir meer inligting
Facebook groep
Nog nie 'n lid nie?
As jy deel wil word van ons meer as 10 000 gaste wat reeds saam met ons op toer was, sluit aan by die Toerbroers Facebook-groep.

© Copyright 2023 Designed by Synthx Media | Terms & Conditions | Privacy Policy