\

Egipte

Toerprogram

Dag 1
Aankoms by Kaïro Internasionale Lughawe waar jy deur ‘n Egiptiese gids ontvang sal word en na die Ramses Hilton Cairo Hotel geneem word.
Dit is ons huis vir die volgende twee dae.

Dag 2
Geniet ‘n buffet-ontbyt by die hotel en klim dan op die bus wat jou op ‘n voldagtoer sal neem na onder meer die Piramides, Sfinks van Giza en die Egiptiese Museum
Middagete word by ‘n plaaslike restaurant geniet
Ons spandeer weer die aand by Rameses Hilton Hotel in Kaïro

Dag 3
Geniet ‘n buffet-ontbyt by die hotel waarna ons per bus na die lughawe geneem sal word vir die plaaslike vlug na Luxor.
Met aankoms in Luxor word ons na die Nyl Cruise The MS Concerto II geneem en geniet ‘n halfdag toer deur die Oosoewer van Luxor (Luxor Temple, Karnak Temple, Sphinx Avenue)
Aandete word aan boord van die boot geniet

Dag 4
Ontbyt aan boord van die skip
Geniet ‘n halfdag toer deur die Wesoewer van Luxor (Vallei van die Konings, Tempel van Hatshepsut, Kolosse van Memnon).
Ons geniet middagete by die Memnon Restaurant
Ons vaar na Efdu waar ons aan boord van die skip oornag

Dag 5
Ontbyt aan boord van die skip
Halfdag toer deur die Edfu tempel.
Ons geniet middagete aan boord terwyl ons na Kom Ombo vaar.
Ons besoek ook die Kom Ombo-tempel
Aandete is aan boord van die skip wat ook ‘n vertoning en “Galabeya Party” insluit.
Oornag vaar ons na Aswan

Dag 6
Ons geniet ontbyt aan boord waarna ons ‘n halfdagtoer deur die Ontbyt aan boord van die Hoë Dam, die Onvoltooide Obelisk en die Philae-tempel doen.
Middagete is aan boord van ‘n tradisionele seilboot op die Nylrivier om die eiland
Ons geniet aandete aan boord wat ook ‘n vertoning insluit.

Dag 7
Ontbyt aan boord waarna ons na die plaaslike lughawe reis vir ons vlug terug na Kaïro. Ons slaap oor by die Le Meridien Cairo Airport Hotel

Dag 8
Geniet ontbyt en vertrek dan na die lughawe terug na Suid-Afrika

Toer informasie

Max Guests

Minimum Age

16+

Tour Location

Languages

17 Toere
20 toere
Kontak Ons

Kontak ons gerus vir meer inligting

Facebook groep

Nog nie 'n lid nie?

As jy deel wil word van ons meer as 10 000 gaste wat reeds saam met ons op toer was, sluit aan by die Toerbroers Facebook-groep.

© Copyright 2023 Designed by Synthx Media | Terms & Conditions | Privacy Policy

afAfrikaans