Renoster Onthoring
ONS BEPLAN WEER GROOT vir ons renoster onthorining 2025, dit het so duur geword dat ons vroeg beplan om almal ń kans te gee. Net 20 plekke.
Kom saam die Toerbroers en wees ń baie belangrike verskil!
Lekker om vandag weer ‘n verskil te kon maak. Ons voete in die veld hou die renosters veilig! Vir van ons korporatiewe gaste van Dubai, Indië, Griekeland en nog meer was hierdie ‘n ongelooflike ondervinding.
Kom volgende keer saam!
Groter Kruger Park Renoster Dehorning 2025
3 dae, 2 nagte
R5250 per persoon
Ons renosters kom altyd eerste, maar kom leer en ervaar saam ons! Ons moet volgende jaar weer renosters onthoring want die stropingsgetalle neem toe en ons wil hierdie natuurbewarings inisiatief met ons gaste deel!
Baie beperkde spasies, so wie eerste kontak kry plek! Jy kan afbetaal
Datums
20-22 Junie 2025
28-30 Junie 2025
R5250 sluit die volgende in:
2 nagte, 3 dae verblyf in Groter Kruger
alle park fooie
renosters onthoring
wildsritte in Groot 5 area
bosstap
bykosse met aandete
Neem kennis dat dit ‘n selfry geleentheid is! Ons kom die Vrydagoggend vroeg in Hoedspruit bymekaar
Slegs R1000 deposito nou betaalbaar en die res 6 weke voor die naweek
Wat bring jy saam en hoe werk dit:
Gemaklike stapskoene
Sonhoed
Sonskerm
Drinkgoed vir die naweek
Etes (ons voorsien bykosse in aande)
Kontak ons kantore vinnig aangesien ons net 20 gaste saamvat. Stuur ‘n epos aan sya@toerbroers.co.za vir meer inligting
Kontak ons gerus vir meer inligting
Nog nie 'n lid nie?
© Copyright 2023 Designed by Synthx Media | Terms & Conditions | Privacy Policy