Agt dae op Madagaskar met lemurs, baobabs en die strande van Nosy Be, met twee opsies om van te kies.
Ons splinternuwe Madagaskar-toer is hier. Besoek saam met ons hierdie ongelooflike eiland met sy seldsame wildlewe soos die lemurs en unieke landskappe wat nêrens anders op aarde bestaan nie. Daar is net plek vir 14 gaste.
Kies tussen twee opsies. Opsie 1 is sewe nagte all-inclusive by Royal Beach Resort & Spa op Nosy Be. Opsie 2 kombineer Antananarivo, Morondava met sy laning van baobabs, die Zazamalala- en Kirindy-reservate, en drie nagte all-inclusive op Nosy Be.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.