🦒Toerbroers Zambië Wildebees en Vlermuis Migrasie met Shoebill Stork Kolonie🦒
Toerbroers Zambië Wildebees en Vlermuis Migrasie met Shoebill Stork Kolonie
14 dae, 13 nagte
Vlugte, vervoer, gastehuise en tente, parkfooie, alle etes, gidse
R61 900 per persoon
Zambië is die tuiste van Afrika se grootste nasionale parke en ons is opgewonde om hierdie ongelooflike avontuur met julle te deel! Besoek onder andere die Bangweulu Vleilande sowel as die Kasanka, Kafue- and Liuwa Vlaktes binne die Nasionale Parke waar ons van nader kennis maak met die trek van derduisende wildebeeste, zebras, tsessebe en natuurlik ook vlermuise! Ons gaan loer ook in by die ongelooflike voel, die Shoebill.
Deposito van R4500 per persoon betaalbaar, die res 8 weke voor vertrek.
Net spasie vir 10 gaste!
Datum:
10 – 23 Desember 2026
Ingesluit in die toer:
Retoervlugte van Johannesburg na Lusaka en Livingstone na Johannesburg
13 nagte verblyf in gastehuise en tente
Alle maaltye (behalwe aandete in Chisamba (Protea Safari Lodge), Mkushi, Mumbwa en
Livingstone)
Alle vervoer (insluitend lughawe-shuttles op die eerste en laaste dag van die program)
Bekwame Engelssprekende gids en ‘n helper/kok
Alle aktiwiteite wat in die program beskryf word
Alle kampeertoerusting (behalwe slaapsak en kussing), groot tente met draagbaar,
hoëdigtheid-matras en matrasbedekking.
Alle toegangsgelde tot die park, behalwe vir Victoria-waterval
Toerbroers Gids
Uitgesluit:
Reisversekering (ons staan by)
Alkoholiese drankies en koeldranke (ons verskaf sap en drinkwater)
Nagwildritte
Slaapsak en kussing
Toegangsgeld na Victoria-waterval (tans US$ 30-00 pp) en enige opsionele aktiwiteit in
Livingstone
Persoonlike uitgawes en fooitjie
Vir meer inligting kontak sya@toerbroers.co.za
Lokale Toere
Kontak ons gerus vir meer inligting
Nog nie 'n lid nie?
© Copyright 2023 Designed by Synthx Media | Terms & Conditions | Privacy Policy