Toerbroers Finse Lapland Noordelike Ligte toer 2026

Toerbroers Finse Lapland Noordelike Ligte toer 2026
7 dae, 6 nagte
R69 900 per persoon wat deel
Jy het genoeg tyd om af te betaal. Finansiering ook beskikbaar
Wou jy nog altyd die noordelike ligte vanaf ‘n sneeuhotel gesien het? Nou kan jy saam met
Toerbroers en ons heel eerste Finse Lapland toer! Geniet ongelooflike ervarings soos ‘n
oornagtrein van Helsinki na Rovaniemi, ‘n sleerit om die noordelike ligte te soek, ‘n 5km
huski safari, besoek ‘n plaaslike takbok plaas, verblyf in ‘n oorspronklike sneeu hotel in ‘n glas
igloo.
___________________________________________
AFBETAAL OPSIE
GEEN DEPOSITO. ’n Aftrekorder maandeliks, rentevry, met gelyke paaiemente oor
beskikbare maande tot en met die maand voor vertrek.
KONTAK: credit@toerbroers.co.za —
FINANSIER OPSIE
’n Vakansielening betaalbaar oor 12 of meer maande, met rente wat laer is as jou
kredietkaart, is beskikbaar. As jy nie nou die geld het nie en bang is jy verloor die goeie prys,
spasie of dat die pakket uitverkoop, finansier dit eerder. Jy kan die finansiering vinniger
afbetaal sonder “penalties” en so verseker jy jou plek teen die goedkoper prys. Toerbroers
Finance is by die NKB geregistreer en is ’n gemagtigde kredietverskaffer.
KONTAK: credit@toerbroers.co.za —
KONTANT OPSIE
Jy kan ons kontant-opsie kies waar ’n nie-terugbetaalbare deposito van R12500 pp nou
betaalbaar is, en die balans 8 weke voor vertrek.
KONTAK: sya@toerbroers.co.za
Terme en voorwaardes geld op alle transaksies.
Datums:
23 – 30 November 2026 – nuwe datum
5- 12 Maart 2027 (50 % uitverkoop)
‘n Deposito van R12 500 per persoon is betaalbaar om jou plek te verseker. Net 20 plekke
beskikbaar
Ingesluit in die toer:
Retoervlugte na Finland
Landvervoer
2 nagte in Helsinki met ontbyt
1 nag op ‘n oornag trein van Helsinki na Rovaniemi
3 nagte in ‘n Sneeu Hotel in ‘n glas igloo met ontbyt
nodig soos bv vir sleerit)
Uitgesluit
Plaaslike en Toerbroers gidse
Etes en drankies nie genoem
Reisversekering (ons staan by)
Visas (ons staan by)
Ekstra aktiwiteite
City Tax (waar van toepassing)
Vir meer inligting kontak sya@toerbroers.co.za
Aktiwiteite (warm klere waar

Toer informasie

Max Guests

Minimum Age

Tour Location

Languages

39 toere
Kontak Ons

Kontak ons gerus vir meer inligting

Facebook groep

Nog nie 'n lid nie?

As jy deel wil word van ons meer as 10 000 gaste wat reeds saam met ons op toer was, sluit aan by die Toerbroers Facebook-groep.

© Copyright 2023 Designed by Synthx Media | Terms & Conditions | Privacy Policy

afAfrikaans