Toerbroers Finse Lapland Noordelike Ligte Toer
Toerbroers Finse Lapland Noordelike Ligte Toer 2027
7 dae, 6 nagte
R69 900 per persoon wat deel
!!! Jy het meer as 16 maande om af te betaal. Finansiering ook beskikbaar !!!
Wou jy nog altyd die noordelike ligte vanaf ‘n sneeuhotel gesien het? Nou kan jy saam met Toerbroers en ons heel eerste Finse Lapland toer! Geniet ongelooflike ervarings soos ‘n oornagtrein van Helsinki na Rovaniemi, ‘n sleerit om die noordelike ligte te soek, ‘n 5km huski safari, besoek ‘n plaaslike takbok plaas, verblyf in ‘n oorspronklike sneeu hotel in ‘n glas igloo.
AFBETAAL OPSIE
GEEN DEPOSITO.
’n Aftrekorder maandeliks, rentevry, met gelyke paaiemente oor beskikbare maande tot en met die maand voor vertrek.
KONTAK: credit@toerbroers.co.za
FINANSIER OPSIE.
’n Vakansielening betaalbaar oor 12 of meer maande, met rente wat laer is as jou kredietkaart, is beskikbaar. As jy nie nou die geld het nie en bang is jy verloor die goeie prys, spasie of dat die pakket uitverkoop, finansier dit eerder. Jy kan die finansiering vinniger afbetaal sonder “penalties” en so verseker jy jou plek teen die goedkoper prys. Toerbroers Finance is by die NKB geregistreer en is ’n gemagtigde kredietverskaffer.
KONTAK: credit@toerbroers.co.za
KONTANT OPSIE
Jy kan ons kontant-opsie kies waar ’n nie-terugbetaalbare deposito van R12500 pp nou betaalbaar is, en die balans 8 weke voor vertrek.
KONTAK: sya@toerbroers.co.za
Terme en voorwaardes geld op alle transaksies.
Datums:
5 – 12 Maart 2027
‘n Deposito van R12 500 per persoon is betaalbaar om jou plek te verseker. Net 20 plekke beskikbaar
Ingesluit in die toer:
Retoervlugte na Finland
Landvervoer
2 nagte in Helsinki met ontbyt
1 nag op ‘n oornag trein van Helsinki na Rovaniemi
3 nagte in ‘n Sneeu Hotel in ‘n glas igloo met ontbyt
Aktiwiteite (warm klere waar nodig soos bv vir sleerit)
Plaaslike en Toerbroers gidse
Uitgesluit:
Etes en drankies nie genoem
Reisversekering (ons staan by)
Visas (ons staan by)
Ekstra aktiwiteite
City Tax (waar van toepassing)
Vir meer inligting kontak sya@toerbroers.co.za
Lokale Toere
Kontak ons gerus vir meer inligting
Nog nie 'n lid nie?
© Copyright 2023 Designed by Synthx Media | Terms & Conditions | Privacy Policy