Drie dae in die Blyderivier-canyon en Hoedspruit: ’n bootvaart deur die canyon, ’n gerehabiliteerde olifanttrop van naderby en die grootste mangoplaas in die land.
Kom kuier saam met ons in die Blyderivier-canyon en die Hoedspruit-gebied, en leer bedreigde spesies van nader ken. Ons kuier ’n hele naweek van drie dae in een van die mooiste dele van die land.
Hoogtepunte sluit in ’n bootvaart deur die Blyderivier-canyon, interaksie met ’n trop gerehabiliteerde olifante, ’n besoek aan die grootste mangoplaas in die land en ’n besoek aan Aerotel. Ontbyt en aandetes is ingesluit, met ’n spitbraai en ’n kaas- en wynaand.
Vervoer vanaf Pretoria is opsioneel: kies die pakket met vervoer, of ry self saam.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.