REIS  •  ONTDEK  •  ERVAAR

OM TE REIS IS OM
JOUSELF TE VIND

Dit is die Toerbroers motto!

Meer as net ’n reis…
’n lewenswyse.

ONS STORIE

Min mense leef ooit werklik hul drome en passie uit, maar Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, het ná jare se harde werk en toewyding uiteindelik die punt bereik waar hulle elke oomblik van die dag besig is met wat hulle werklik gelukkig maak.

Toerbroers bied bykans 100 toere per jaar aan na plaaslike en internasionale bestemmings waar avonturiers en natuurliefhebbers saam met hulle eksotiese eilande, boskampe en bestemmings kan besoek waar hulle leeus, olifante, buffels, renosters, bokke en nog baie meer vir hulself sal kan sien.

Toerbroers is al lank in die sang- en modebedryf en het al wyd gereis. Maar vandag is hulle permanent betrokke by toerisme en natuurbewaring en veral die bewaring en beskerming van bedreigde spesies.

ONS VISIE

Om mense te inspireer om die wêreld te verken, nuwe kulture te ervaar en ’n diep waardering vir die natuur te ontwikkel — alles terwyl ons bewustheid skep oor die belangrikheid van natuurbewaring en verantwoordelike toerisme.

ONS MISSIE

Om unieke en betekenisvolle reiservarings te skep deur avontuur, opvoeding en bewaring te kombineer. Ons wil ’n gemeenskap bou van reisigers wat nie net die wêreld sien nie, maar ook ’n positiewe impak laat — vir vandag en toekomstige geslagte.

Jou volgende
avontuur wag.

MENSE · PLEKKE · VERHALE

FINANSIERING

’n Lening om vir jou vakansie te betaal is die perfekte manier om jouself te bederf met ’n eenmalige avontuur. Terwyl ’n vakansie jou die geleentheid bied om jou battery te herlaai en tyd saam met geliefdes deur te bring, kan dit ook baie duur wees.

Doen aansoek vir ’n vakansielening en begin intussen jou volgende avontuur afbetaal met bekostigbare maandelikse paaiemente. Nou kan jy ook die wêreld sien!

Reis nou, betaal slim.

ONS ERKENNING

READERS’ CHOICE AWARDS 2025/2026

Beste reisagentskap in Pretoria

Vier saam met ons hierdie eerbare toekenning! Ons is vereer om as Beste Reisagentskap in Pretoria aangewys te word in die Readers’ Choice Awards.

Toerbroers — Best Travel Agency, Best of Pretoria Readers' Choice Awards 2025
ONS EIE TYDSKRIF

TOERBROERS ATLAS

Ons eie tydskrif vol inspirasie, verhale, roeteswenke en die mooiste bestemmings.

Toerbroers Atlas — die voorblad van die huis se eie tydskrif