4 dae, 3 nagte en 2 gholfbane — vervoer, etes, gholf en gidse ingesluit.
Wees wilder as die wildtuin en geniet ons 5-ster gholftoer vir 2027 op eie bodem! Ons speel tussen die natuur by Skukuza-gholfbaan en swaai dan die stokke by een van Suid-Afrika se beste bane, Leopard Creek.
Ons vertrek 11 Augustus 2027 vanaf Pretoria en is terug op 14 Augustus. Oor vier dae en drie nagte oornag julle by Skukuza Safari Lodge, Kruger Pestana en Bucklers Lodge, met aandete en ontbyt ingesluit, en speel twee bane: Skukuza se baan tussen die wild, en die legendariese Leopard Creek.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.