Rwanda Gorillas

Vier dae in Rwanda met ’n gorillabesoek in die Volcanoes Nasionale Park, vir net 10 gaste.

Rwanda4 DAE / 3 NAGTE
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Sien die berggorillas in hul natuurlike habitat in Rwanda se Volcanoes Nasionale Park, een van die ware ‘bucket list’-ervarings. Ons leer ook meer van hierdie merkwaardige land.

Ons besoek die volksmoordmuseum en die Kimironko-mark in Kigali, en die Ellen DeGeneres-kampus van die Dian Fossey-fonds. Daar is net plek vir 10 gaste.

Datums

  • 19 - 22 November 2026

Ingesluit

  • Retoervlugte op RwandAir van Johannesburg na Kigali
  • Shuttles tussen die lughawe en hotel
  • 1 nag by Park Inn by Radisson met aandete, bed en ontbyt
  • Besoek aan die volksmoordmuseum en Kimironko-mark, met middagete
  • 2 nagte by Mountain View Gorilla Lodge met aandete, bed en ontbyt
  • Besoek aan die Ellen DeGeneres-kampus van die Dian Fossey-fonds
  • 1 gorillapermit in die Volcanoes Nasionale Park
  • 4×4-voertuig
  • Engelssprekende plaaslike gidse en ’n Toerbroers-gids
  • Afskeidsete in Kigali

Uitgesluit

  • Reisversekering
  • Fooitjies vir gidse
  • Drankies en sekere middagetes
  • Ekstra aktiwiteite nie genoem nie

Meer foto's

Bespreek jou plek

Rwanda Gorillas

  • Per persoon wat deelR44 725 per persoon
  • Deposito om jou plek te versekerR3 500

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.