Agt dae: ski in die Erciyes-berge, grotverblyf in Kappadokië en die hoogtepunte van Istanboel.
Droom jy van ’n ski-vakansie? Kom ski saam met ons in die Erciyes-bergreeks van Turkye oor Valentynsdag, en beleef ook die asemrowende landskap van Kappadokië en die geskiedenis van Istanboel.
In Kappadokië besoek ons onder meer die Devrent-vallei, Avanos, die ondergrondse stad en die Uchisar-kasteel. In Istanboel verken ons die Hippodroom, die Blou Moskee, die Topkapi-paleis en die Groot en Speserye-basaars.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.