Agt dae aan boord die Legend of the Seas deur Spanje, Italië en Frankryk, saam met Gerhard en Zelri Steyn.
Reis saam met Gerhard en Zelri Steyn na van Europa se gewildste lande, Spanje, Italië en Frankryk, aan boord een van die grootste skepe ter wêreld: die Legend of the Seas.
Jy bly sewe nagte in ’n Central Park-balkonkajuit, met alle etes en vermaak aan boord ingesluit. Daar is net 20 kajuite beskikbaar.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.