\

Hoekom is die 3 Lande een van ons gewildste toere?

Afrika Scaled

Hoekom is die 3 Lande een van ons gewildste toere?

Vir die wat nie weet nie, die 3 lande toer was basies die een wat Toerbroers aan die mark bekend gestel het, en na soveel jare is dit steeds een van ons gewildste toere.

In die beginjare het die toer effens anders gelyk as die jongste toerprogram. Dit het in Pretoria afgeskop waar gaste toe op die oewer van die wildtuin geslaap het, deur die wildtuin na Komatiepoort gery het en toe hul pad tot by Bilene in Mosambiek gesien het om vir ‘n paar dae daar te oornag. Later het Swaziland ook bygekom en gaste het veral die natuur in Hlane Royal Nasionale Park geniet. Die oggendrenosterstap en die gesing en kuier om die vuur was besondere hoogtepunte.

Covid-19 het ons senuwees behoorlik getoets, want gedurende 2021 en 2022 moes ons nog geldige PCR-toetse in Swaziland en Mosambiek toon. Dit het heelwat beplanning gekos vir die gaste om die oggend voor vertrek ‘n spoegtoets af te lê, wat dan langs die pad by Lancet afgelaai word en gedurende die nag kry ons die uitslae wat bepaal of die gaste met die toer kan voortgaan. Later kon gaste hul toetse ‘n dag voor die toer doen, wat dan tot in Mosambiek geldig sou wees.

Gelukkig is die Covid-toetse afgeskaf en in 2024 begin ons ‘n splinternuwe roete met baie nuwe besienswaardighede. Soos altyd vertrek ons vroeg uit Pretoria en langs die pad besoek die gaste haltes soos Alzu Petroport waar hulle ‘n lekker koffie en ontbyt met ‘n wonderlike uitsig kan geniet. Dan gaan ons deur die Eswatini Oshoek-grens en besoek Ngwenya Glass waar hulle ons bietjie leer hoe om met glas te werk.

Ons spandeer een nag in Eswatini, besoek van sy gewildste toeriste-aantreklikhede en dan vat ons die pad na Ponta da Quro waar ons vir 4 nagte oornag. Hier kan gaste hulself baie geniet met die sand, see, heerlike vakansiekos, kroeghop, swem met dolfyne en vele meer.
Die laaste nag slaap gaste weer op die oewer van die Krugerwildtuin en kry ook die geleentheid om op ‘n wildrit in die wildtuin te gaan.

Die 3-lande-toer is besonder gewild, want nie net sien jy drie lande nie, jy doen dit vanuit die gemak van ‘n luukse lugversorgde bus sonder om te bekommer of jou kar se papiere gereed is vir die grens en of jy dalk nie niks vergeet nie. Gaste bly in die lekkerste hotelle, eet die beste kos, geniet die aktiwiteite en vriendskappe word met medegaste gemaak wat ‘n leeftyd sal hou.

Nou as dit jou nie lus maak om te toer nie, sal die video jou dalk aanmoedig om te bespreek: https://youtu.be/fwbi-HZBorg?si=7FfbSs6pLFrdtWtK

Vir meer inligting of om te bespreek, kontak sya@toerbroers.co.za

Recent Posts

All Categories
17 tours
36 tours
Get in touch

Feel free to contact us for more information

Facebook group

Not a member yet?

If you want to become part of our more than 10,000 guests who have already been on tour with us, join the Toerbroers Facebook group.

© Copyright 2023 Designed by Synthx Media | Terms & Conditions | Privacy Policy

afAfrikaans