3 Lande Toer 2027

Sewe dae deur die Groter Kruger, Eswatini en Mosambiek, met etes, verblyf en vervoer ingesluit.

Eswatini, Mosambiek en Suid-Afrika7 DAE / 6 NAGTE
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Ons 3 Lande Toer bly jaar na jaar ’n wenner. Besoek saam met ons die Groter Kruger, Eswatini (Swaziland) en Mosambiek vir ’n onvergeetlike week.

Toer deur die Swazi-glas- en kersfabrieke, geniet die son en see by Ponta do Ouro en oornag op die oewer van die wildtuin. Die toer is geskik vir paartjies, vriende, enkellopendes en gesinne.

Datums

  • 2 - 8 April 2027
  • 11 - 17 Junie 2027
  • 16 - 22 Julie 2027
  • 6 - 12 Augustus 2027
  • 24 - 29 September 2027
  • 15 - 21 Oktober 2027

Ingesluit

  • Vervoer vanaf Pretoria en terug
  • Alle ontbyte en aandetes
  • Alle park- en grensfooie
  • 6 nagte verblyf
  • Besoek aan die Swazi-glas- en kersfabrieke
  • Tyd by die see in Ponta do Ouro
  • Oornag op die oewer van die wildtuin

Uitgesluit

Meer foto's

Bespreek jou plek

3 Lande Toer 2027

  • Per persoon wat deelR13 500 per persoon
  • Deposito om jou plek te versekerR1 500

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.