Tien dae in die voetspore van die eerste Christene, langs die sewe gemeentes van Openbaring.
Stap in die voetspore van die eerste Christene en kry ’n dieper blik op die sewe briewe aan die gemeentes van Openbaring, en hoe dit met gelowiges vandag verband hou. Ons besoek Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.
Die toer sluit ook die wêreldstad Istanboel en die grotlandskappe van Kappadokië in.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.