Vyf dae all-inclusive strandvakansie by die Ravenala Resort in Mauritius, ideaal vir gesinne.
’n Strandvakansie vir die hele gesin wat soveel insluit dat jy jou kredietkaart by die huis kan los. Kies uit tot sewe restaurante met buffets oggend, middag en aand.
Jy bly by die 4-ster Ravenala Resort met alle drankies, sekere watersport, aandvermaak en ’n kinderprogram ingesluit.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.