Barcelona Toer met Gerhard Steyn 2027

Agt dae aan boord die Legend of the Seas deur Spanje, Italië en Frankryk, saam met Gerhard en Zelri Steyn.

Spanje, Italië en Frankryk8 DAE / 7 NAGTE
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Reis saam met Gerhard en Zelri Steyn na van Europa se gewildste lande, Spanje, Italië en Frankryk, aan boord een van die grootste skepe ter wêreld: die Legend of the Seas.

Jy bly sewe nagte in ’n Central Park-balkonkajuit, met alle etes en vermaak aan boord ingesluit. Daar is net 20 kajuite beskikbaar.

Datums

  • 16 - 25 Oktober 2027

Ingesluit

  • Retoervlugte van Johannesburg na Barcelona
  • Shuttles na die skip
  • 7 nagte aan boord die Legend of the Seas in ’n Central Park-balkonkajuit
  • Alle etes en sekere vermaak aan boord
  • Hawe- en diensfooie
  • Gerhard en Zelri Steyn as gashere
  • Toerbroers-gids

Uitgesluit

  • Visums
  • Reisversekering
  • Etes en drankies nie genoem nie
  • Ekstra aktiwiteite

Meer foto's

Bespreek jou plek

Barcelona Toer met Gerhard Steyn 2027

  • Balkonkajuit, per persoon wat deelR61 990 per persoon
  • Deposito om jou plek te versekerR5 000 per persoon

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.