Nege dae deur die Wes-Kus en Noord-Kaap se blommeprag, van Langebaan tot Kimberley.
Kom toer saam met ons en verwonder jou aan die skoonheid van die Wes-Kus en Noord-Kaap se blommeprag. Ons besoek van die mooiste blomstreke in die land, wat Langebaan, Clanwilliam, Vredendal, Nieuwoudtville, Garies, Springbok, Upington en Kimberley insluit.
Ons toer vertrek vanuit Pretoria en ons kan gaste langs die pad optel by N1 Roodepoort, Kroonstad en Bloemfontein.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.