Sewe dae all-inclusive by die 5-ster Riu Latino in Cancún, met strande, ’n waterpark en Mexikaanse kultuur.
Kuier saam met ons in Cancún, Mexiko, met van die mooiste strande ter wêreld, soveel kos en drinkgoed as wat jy kan hanteer, en ’n kans om die ryk kultuur en geskiedenis te beleef.
Jy bly by die 5-ster Riu Latino op ’n all-inclusive-basis, met toegang tot Splash Water World, die Costa Mujeres-strand en oordaktiwiteite soos katamaran, kajak en snorkel.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.