Nege dae op die Quantum of the Seas deur Alaska se gletsers, met walvisse, orkas en dalk die noorderlig.
Vaar saam met ons na Alaska om van die wêreld se grootste en mooiste gletsers te sien, walvisse en orkas te bekyk, en as ons gelukkig is, die noorderlig te beleef.
Die reis begin met ’n nag in Seattle, gevolg deur sewe nagte aan boord die Quantum of the Seas met besoeke aan Sitka, Skagway, Dawes-gletser, Juneau en Brits-Columbië.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.