Noorweë en Amsterdam Cruise 2027

Sewe nagte op die MS Rotterdam langs Noorweë se fjords, met ’n nag in Amsterdam.

Nederland en Noorweë9 DAE / 8 NAGTE
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Ons nuutste toer neem jou na die mooiste dele van Noorweë en sy asemrowende fjords. Ons besoek onder meer Oslo, Kristiansand en Sandnes, en spandeer ook tyd in Amsterdam, een van Europa se gewildste stede.

Jy bly een nag in Amsterdam en sewe nagte aan boord die MS Rotterdam van Holland America, met alle etes ingesluit, en Toerbroers-gidse reis saam. Binne-, seesig- en balkonkajuite is beskikbaar.

Datums

  • 30 Julie - 9 Augustus 2027

Ingesluit

  • Retoervlugte van Johannesburg na Amsterdam
  • 1 nag verblyf in Amsterdam
  • Retoershuttles tussen die lughawe en die hawe in Rotterdam
  • 7 nagte aan boord die MS Rotterdam (Holland America) met alle etes, hawe- en diensfooie
  • Toerbroers-gidse

Uitgesluit

  • Reisversekering (ons help graag)
  • Etes en drankies nie genoem nie
  • Ekstra aktiwiteite
  • Visums (ons help graag)

Meer foto's

Bespreek jou plek

Noorweë en Amsterdam Cruise 2027

  • BinnekajuitR59 990 per persoon wat deel
  • BalkonkajuitR69 990 per persoon wat deel
  • Deposito om jou plek te versekerR5 500 per persoon

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.