Renosterdag 2027

’n Dag saam met renosterkalwers en gerehabiliteerde renosters, saam met ons vennoot Rhino Connect.

Suid-Afrika1 DAG
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Skop die nuwe seisoen op ’n hoë noot af saam met familie en vriende, en leer meer oor renosters en die bewaring van hierdie diere. Tersia en haar span van Rhino Connect doen wonderlike werk, en die plaas het tans swart en wit renosters.

Dit is nie ’n toer nie, maar ’n natuurbewarings- en opvoedkundige program saam met Toerbroers en ons vennoot, Rhino Connect NPO. Vir die renosters se veiligheid word die bestemming nie bekend gemaak nie: die plaas is binne sowat ’n uur en ’n half van Pretoria, en ons verskaf die vervoer (geen selfry nie). Ons vertel julle ook meer oor die Toerbroers Kampus en hoe jy ’n geakkrediteerde kwalifikasie kan kry om by sulke sentrums te werk. Net 20 gaste per dag.

Datums

  • 16 - 17 Januarie 2027

Ingesluit

  • Vervoer vanaf die Toerbroers Kampus (Castle Walk)
  • ’n Dag saam met renosterkalwers, koeie en gerehabiliteerde renosters wat stropings oorleef het (swart en wit renosters)
  • Natuurbewaringsfooi
  • Piekniek op die gronde tussen die renosters
  • Swem in die plaasdam vir kinders en volwassenes
  • Gidse wat julle veilig hou en meer oor renosters vertel

Uitgesluit

  • Etes en drankies (bring jou eie piekniek)

Meer foto's

Bespreek jou plek

Renosterdag 2027

  • Per persoonR1 600 per persoon
  • Deposito om jou plek te versekerR600 per persoon (nie terugbetaalbaar nie)

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.