Serengeti Groot Migrasie 2027

’n Ses-dae safari deur Tanzanië se nasionale parke om die wêreld se grootste wildebees-migrasie te sien.

Tanzanië6 DAE
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Aanskou die wêreld se grootste natuurlike trek, die Groot Wildebees-migrasie, op hierdie ses-dae safari deur Tanzanië se nasionale parke. Jy het heelpad ’n venstersitplek in die 4×4-safarivoertuie.

Die roete strek van Sentraal-Kilimanjaro tot in die noorde van die Serengeti, met ’n dagbesoek aan die Ngorongoro-krater en die kremetartbome van Tarangire. Ons neem net 18 gaste saam.

Datums

  • 13 - 20 Augustus 2027
  • 12 - 19 September 2027

Ingesluit

  • Retoervlugte van Johannesburg na Kilimanjaro-lughawe
  • Shuttles
  • 1 nag verblyf in Arusha met aandete en ontbyt
  • 4 nagte verblyf in die nasionale parke met alle etes
  • 4×4-safarivoertuie met venstersitplekke
  • Verwysingsboeke en kaarte van die area
  • Gebottelde water in die voertuie
  • Dagbesoek aan die Ngorongoro-krater
  • Ligte vliegtuigvlug van Noord-Serengeti na Arusha
  • Alle parkfooie
  • Toerbroers- en plaaslike gidse

Uitgesluit

  • Reisversekering
  • Drankies en etes nie genoem nie
  • Fooitjies vir gidse
  • Lugballonritte
  • Besoek aan ’n Masai-kultuurdorpie

Meer foto's

Bespreek jou plek

Serengeti Groot Migrasie 2027

  • Per persoon wat deelR69 990 per persoon
  • Deposito om jou plek te versekerR5 000

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.