Shalati Oppi-Trein Kruger Naweek 2027

Drie dae in die Kruger met ’n nag in die Shalati-treinhotel, een van Forbes se top 10 bestemmings ter wêreld.

Suid-Afrika3 DAE / 2 NAGTE
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Spandeer ’n naweek saam met ons in die Krugerwildtuin en oornag in een van Forbes se top 10 bestemmings ter wêreld: die Shalati-treinhotel in Skukuza.

Jy bly een nag op die Shalati-trein met ontbyt, aandete, twee wildritte en sekere drankies, en een nag by Skukuza Lodge met ontbyt. ’n Buffetete by Kruger Station is ook ingesluit, en Toerbroers-gidse reis saam. Daar is net ’n beperkte aantal plekke beskikbaar.

Datums

  • 7 - 9 Mei 2027
  • 9 - 11 Julie 2027

Ingesluit

  • 3 dae, 2 nagte in die Krugerwildtuin
  • 1 nag by die Shalati-treinhotel met ontbyt, aandete, 2 wildritte en sekere drankies
  • 1 nag by Skukuza Lodge met ontbyt
  • Buffetete by Kruger Station
  • Toerbroers-gidse

Uitgesluit

  • Vervoer na en van die wildtuin
  • Parktoegangs- en natuurfooie
  • Middagetes
  • Drankies
  • Ander aktiwiteite nie genoem nie

Meer foto's

Bespreek jou plek

Shalati Oppi-Trein Kruger Naweek 2027

  • Per persoon wat deelR14 500 per persoon
  • Deposito om jou plek te versekerR1 500

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.