Turkye Valentynsdag Ski-vakansie 2027

Agt dae: ski in die Erciyes-berge, grotverblyf in Kappadokië en die hoogtepunte van Istanboel.

Turkye8 DAE / 7 NAGTE
Meer as net
’n reis…
’n lewenswyse.

Oor die toer

Droom jy van ’n ski-vakansie? Kom ski saam met ons in die Erciyes-bergreeks van Turkye oor Valentynsdag, en beleef ook die asemrowende landskap van Kappadokië en die geskiedenis van Istanboel.

In Kappadokië besoek ons onder meer die Devrent-vallei, Avanos, die ondergrondse stad en die Uchisar-kasteel. In Istanboel verken ons die Hippodroom, die Blou Moskee, die Topkapi-paleis en die Groot en Speserye-basaars.

Datums

  • 11 - 19 Februarie 2027

Ingesluit

  • Retoervlugte vanaf Johannesburg
  • Binnelandse vlugte tussen Istanboel en Kappadokië
  • 3 nagte met ontbyt en aandete by die 4-ster Zumrut Palas Hotel in Kayseri, met skipasse
  • 2 nagte met ontbyt en aandete by Virtus Cave Hotel in Kappadokië
  • 2 nagte met ontbyt by die 4-ster Metropolitan Hotels Bosphorus in Istanboel
  • Besigtigingstoere in Kappadokië en Istanboel
  • Plaaslike en Toerbroers-gidse

Uitgesluit

  • Reisversekering
  • Ekstra aktiwiteite
  • Fooitjies vir gidse
  • Etes en drankies nie genoem nie

Meer foto's

Bespreek jou plek

Turkye Valentynsdag Ski-vakansie 2027

  • Per persoon wat deelR47 990 per persoon

Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.