Nege nagte deur Vietnam met kultuur, kos, die strand en ’n luukse oornagtrein na Sapa.
Vietnam kombineer kultuur, kos en strand op een ongelooflike toer. Ons ry met die luukse oornagtrein na die prentjiemooi Sapa, met Cat Cat-dorpie en die Fansipan-piek.
Die roete sluit ’n Hanoi-stadstoer, Da Nang, die Cam Thanh-klapperwoud met ’n kookklas, en die ou handelshawe Hoi An in.
Kan jy nie dadelik die volle bedrag vir jou toer betaal nie? Geen probleem nie! Jy kan jou toerbedrag gerieflik in paaiemente afbetaal.